Baie Christene glo Trump se hantering van die Iran-oorlog stem nie ooreen met hul waardes nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 19
- 1 min read
‘n Nuwe peiling toon dat ongeveer die helfte van Evangeliese Christene glo dat president Donald Trump se hantering van die Iran-oorlog en sy immigrasie-afdwingingsbeleid nie ooreenstem met hul Christelike waardes nie.
Die Reuters/Ipsos-peiling toon dat 54 % van Evangeliese Christene sê Trump se gebruik van die weermag in Iran is nie in lyn met hul begrip van die Christendom nie, terwyl 41 % gesê het dit is.
Woordvoerder van die Withuis, Taylor Rogers, sê aan Reuters Trump se beleid staan vir Amerikaanse Christene, met verwysing na die verdediging van godsdiensvryheidsregte en die kwytskelding van pro-lewe-aktiviste wat skuldig bevind is aan federale aanklagte.








Comments