top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Baie huishoudings sukkel om elektrisiteit te bekostig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 21, 2025
1 min read

Suid-Afrika is in die middel van ‘n energiekrisis, aangesien die grootste deel van die land sukkel om elektrisiteit te bekostig. Volgens die jongste Debt Rescue-opname maak 79 persent van die burgers staat op voorafbetaalde elektrisiteit. Die opname het bevind dat 86 persent van huishoudings reeds gesukkel het om elektrisiteit te bekostig voor die verhoging in elektrisiteitstariewe vroeër vandeesmaand. Gevolglik moes huishoudings besnoei op noodsaaklikhede, soos vervoer en kruideniersware, om die ligte aan te hou. Die hoof-uitvoerende beampte van Debt Rescue, Neil Roets, sê baie huishoudings loop die gevaar van ‘n koue, donker winter. Roets sê dit kom omdat die belasting op toegevoegde waarde gaan styg saam met die goedgekeurde elektrisiteitstarieweverhoging van 12-komma-sewe-persent.

 
 
 

Comments


bottom of page