top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Baie Suid-Vrystaatse munisipale werknemers wag glo nog op salarisse

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 4, 2025
1 min read

Verskeie werknemers van die Mohokare-munisipaliteit het begin staak omdat hulle glo nog nie hul salarisse vir Februarie ontvang het nie. Die munisipaliteit bedien Zastron, Rouxville en Smithfield. Netwerk24 berig die betrokke munisipale bestuurder het navrae na die finansiële hoof verwys, wat glo bewus is van die situasie. Die staking verhinder blykbaar sommige van die noodsaaklike dienste, en DA-raadslid Ian Riddle dring aan op antwoorde tydens die volgende raadsvergadering. Netwerk24 berig verder dat ’n munisipale raadsvergadering op 22 Februarie ’n oortrokke fasiliteit goedgekeur het om salarisse te betaal. Die bank moet glo nog reageer op die aansoek. Riddle bevraagteken waarom so ’n belangrike besluit tot op die nippertjie van ’n Vrydagmiddag uitgestel is.

 
 
 

Comments


bottom of page