top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bainsvlei-pa in hof op moordaanklagte

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 22, 2025
1 min read

‘n 85-jarige pa van Bainsvlei het Dinsdag vlugtig in die Bloemfontein landroshof verskyn rakende ‘n aanklagte van moord - nadat hy glo sy seun geskiet het. Nie lank voor sy verskyning is die aanvanklike klag van poging tot moord na een van moord verander - nadat die 56-jarige slagoffer Maandagaand aan sy beserings beswyk het. Luidens ‘n polisieverklaring is die verdagte se saak tot 29 April uitgestel, wanneer hy vir borgtog kan aansoek doen. Die polisie in die Vrystaat het by navrae aan Rosestad-nuus bevestig die slagoffer is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat hy na bewering deur sy bejaarde pa in die nek geskiet is terwyl hy in 'n woning in Midhurstlaan was. Die verdagte is kort ná die voorval in hegtenis geneem terwyl hy probeer vlug het. Die polisie het tydens die inhegtenisname, wat naby die N1-hoofweg plaasgevind het, 'n gelaaide vuurwapen met bykomende ammunisie gekry.

 
 
 

Comments


bottom of page