Bainsvlei-speurders se toewyding lei tot die aankeer van verdagtes
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Die volgehoue toewyding van Bainsvlei-speurders het gelei tot ’n deurbraak ná die ontdekking van ’n 52-jarige vrou se liggaam.
Drie verdagtes is opgespoor en in hegtenis geneem in verband met haar moord en verkragting.
Die vrou is vroeër as vermis aangemeld nadat sy haar huis verlaat het om lugtyd te koop en nooit teruggekeer het nie.
Haar liggaam is later in bosse in die Bainsvlei-gebied gevind.
Polisiewoordvoerder, Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die ondersoek duur voort en verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word.
Die verdagtes sal in die Bloemfontein-landdroshof op aanklagte van moord en verkragting verskyn.








Comments