top of page

Bankbesoekers bring 'n lyk in as bewys van dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 19
  • 1 min read

'n Groep mense het by 'n bank in KwaDukuza in KwaZulu-Natal ingestap met die lyk van vermoedelik 'n familielid.


Netwerk24 berig ’n werknemer van ’n nabygeleë onderneming sê die familie wou Woensdag glo ’n lewenspolis gaan opeis toe die Capitek-bank vra vir ’n bewys van die oorledene se dood. Dit is glo daarna dat hulle daar aangekom het met die lyk van die oorledene as bewys dat die persoon dood is.


Die werknemer sê die lyk is net daar gelos. Die identiteit van die oorledene of die mense wat dit gebring het is onbekend.


Capitec se woordvoerder, Justin Isaacs, sê die tak sal gesluit bly totdat die saak volledig afgehandel is, en ondersteuning sal aan alle partye gebied word. Die bank werk saam met die betrokke owerhede en sal seker maak dat die saak met respek gehanteer word.


Die polisie in KwaDukuza het nie kommentaar gelewer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Capitec
Ter illustrasie. FOTO: Capitec

 
 
 

Comments


bottom of page