top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Banke kan dalk belastingterugbetalings tydelik vries

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Voorgestelde wysigings aan Suid-Afrika se belastingwette kan banke 'n formele rol gee om vermeende belastingbedrog te help opspoor.


Ingevolge die konsepwetgewing sal banke verdagte belastingterugbetalings by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet aanmeld en die fondse vir tot twee werksdae mag terughou terwyl dit ondersoek word.


Die voorgestelde veranderinge vorm deel van die 2026-konsepwysigingswetsontwerp op belastingadministrasiewette.


Die Inkomstediens sê die maatreëls is daarop gemik om belastingbedrog hok te slaan, hoewel daar steeds vrae is oor hoe banke sal bepaal of 'n terugbetaling verdag is.


Die konsepwetgewing is tans oop vir openbare kommentaar.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page