Bankmisdaad kos Suid-Afrikaners miljarde
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 7
- 1 min read
Digitale bankmisdaad het Suid-Afrikaners verlede jaar R2,4 miljard gekos.
Volgens 'n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Bankrisikoinligtingsentrum, of SABRIC, bly hierdie tipe misdaad die grootste enkele bedreiging vir die plaaslike bankbedryf.
Misdaad wat met banktoepassings verband hou, was vir meer as 70% van die aangemelde digitale bankverliese verantwoordelik. Kaartbedrog het ook met 18% toegeneem en verliese van R1,7 miljard beloop.
Die verslag wys egter ook dat pogings om bankmisdaad te bekamp vrugte afwerp. OTM-aanvalle het met 46% afgeneem, terwyl die gepaardgaande kontantverliese met 63% gedaal het.
Bankrooftogte het verder afgeneem, met net twee voorvalle wat in 2025 aangemeld is, vergeleke met agt die vorige jaar.
SABRIC sê die bankbedryf sal voortgaan om nou saam met wetstoepassers en ander rolspelers te werk om finansiële misdaad hok te slaan.








Comments