Banktakke vir Slim ID-aansoeke kan nou aanlyn opgesoek word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 4
- 1 min read
Updated: Aug 5
Suid-Afrikaners kan nou maklik aanlyn uitvind waar hul naaste banktak is wat Slim ID-kaarte uitreik.
Die Departement van Binnelandse Sake het 'n nuwe aanlyn diens bekend gestel wat intyds opgedateer word namate meer banke by die program aansluit.
Altesaam 372 banktakke bied reeds Slim ID-dienste aan, met meer as 500 000 aansoeke wat sedert Maart verwerk is.
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, moedig Suid-Afrikaners aan om hul groen strepieskode-ID-boekies met die veiliger Slim ID-kaart te vervang.








Comments