top of page

Barbie met diabetes kom met eie insulienpompie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

Die supermodel Kate Moss se doger, Lila, het haar eie Barbie-pop met Tipe 1 Diabetes vrygestel.

MSN berig Barbie-vervaardiger Mattel het saam met Breakthrough T1D aan dié pop gewerk, met die doel om bewustheid te kweek, verteenwoordiging 'n hupstoot te gee, en kinders te inspireer.

Tipe 1-diabetes vind plaas wanneer die liggaam nie sy eie insulien vervaardig nie, en dit is hoekom hierdie Barbie 'n monitor dra om haar bloedsuiker te meet, asook 'n insulienpomp om haar middel het.

Selfs Barbie se uitrusting bevat simbole van diabetesbewusmaking – die kleur blou, en die polkadot-druk.

Die doel is om aan kinders te wys dat 'n lewe met hierdie toestand net so vervullend, opwindend en vol moontlikhede kan wees.

 
 
 

Comments


bottom of page