Barmhartige samaritane red ‘n babatjie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 17 hours ago
- 1 min read
Barmhartige samaritane het ‘n twee dae oue bababjie gered wat hulle onder ‘n boom langs die R30-pad in die Vrystaat gevind het.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die twee mans het die babatjie huis toe geneem en onmiddellik die Theunissen-polisie en Nooddienste gekontak.
Die babatjie is na die plaaslike hospitaal vir mediese waarneming en sorg vervoer.
Intussen het die Brandfort-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings die ma opgespoor en in hegtenis geneem.
Die vrou word aangekla van poging tot moord en sal binnekort in die Theunissen-landdroshof verskyn.






Comments