top of page

BAT sal as onwettige tabakhandel eindig hul fabriek heropen

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 19
  • 1 min read

Updated: Jan 20

Volgens British American Tobacco (BAT) sal hulle hul fabriek in Heidelberg heropen ás die regering die onwettige tabakhandel suksesvol beveg.


Die maatskappy het aangekondig dat hulle die fabriek sal sluit omdat onwettige tabakhandel nou 75% van die markaandeel in die land geneem het.


Die sluiting van die fabriek sal na verwagting honderde werksgeleenthede kos. Intussen beweer die Business Leadership South Africa (BLSA) dat BAT self vir die werksramp verantwoordelik is.


Volgens BLSA werk BAT se fabriek teen 35% kapasiteit en dat hulle nie meer bedrywighede kan onderhou nie.


Hulle voeg by verspreiders en kleinhandelaars sal almal die impak van die sluiting voel.


Ter illustrasie. FOTO: BusinessDay
Ter illustrasie. FOTO: BusinessDay

Comments


bottom of page