top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Batman maak sy stem dik by 'n stadsraadvergadering

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 2
1 min read

'n Man, geklee in 'n Batman-kostuum, het 'n vergadering van die stadsraad van Santa Clara City in Kalifornië in Amerika aangevat oor die teenwoordigheid van Immigrasie- en Doeane-Afdwinging (ICE) by die komende Super Bowl by Levi's Stadium.


Die BBC berig die onbekende man het kragwoorde gebruik om sy misnoë te kenne te gee.


Hy het die raadslede “lafaards” en “bedrieërs” genoem, en gesê gemeenskapslede is bang vir ICE-betrokkenheid by groot geleenthede soos die Super Bowl.


Die raadslede het nie direk gereageer nie.


FOTO: BBC
FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page