top of page

Beach Boys se Brian Wilson is oorlede

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 12
  • 1 min read

Die medestigter van die Beach Boys, Brian Wilson, is in die ouderdom van 82 oorlede. Maroela Media berig alhoewel sy familie nie die oorsaak van sy dood bekendgemaak het nie, is Wilson verlede jaar onder kuratorskap vir demensie geplaas. Sy familie sê hulle is sonder woorde maar besef dat hul hartseer met die wêreld gedeel word. Wilson het vir verskeie treffers gesorg, soos “I Get Around”, “Fun, Fun, Fun” asook “Surfer Girl”. Hy het ook die Beach Boys in Amerika se topverkoper-musiekgroep omskep. John Lennon het vroeër gesê hy beskou “Pet Sounds” van 1966 as een van die beste albums van alle tye, terwyl Paul McCartney gesê het Wilson was ‘n genie. Wilson laat sewe kinders agter.

 
 
 

Comments


bottom of page