Beamptes wat klaers wegwys sal nie geduld word nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê daar is nulverdraagsaamheid teenoor beamptes wat weier om slagoffers van misdaad by te staan.
Volgens Arrive Alive kan misdaad by enige polisiekantoor in enige provinsie aangemeld word, waarna die saak na die betrokke stasie oorgeplaas word waar die misdaad plaasgevind het.
Die publiek word aangeraai om die besonderhede te neem van enige beampte wat weier om te help en om met die stasiebevelvoerder te praat voordat hulle die stasie verlaat.
Diensklagtes kan ook by die Nasionale Diensklagtesentrum aangemeld word.







Comments