Beckham kry sy eie Hollywood-ster
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
Sokker-superster David Beckham gaan vereer word met ’n ster op Hollywood se Walk of Fame.
EWN berig die organiseerders sê die seremonie vir die 51-jarige voormalige Engelse kaptein sal op 12 Junie plaasvind, enkele ure voor die eerste sokkerwedstryd op Amerikaanse bodem in vanjaar se FIFA Wêreldbeker. Die toernooi word gesamentlik deur Mexiko, Kanada en die Verenigde State aangebied.
Ana Martinez van die Hollywood Kamer van Koophandel sê Beckham se rol in die verhoging van sokker se profiel in Amerika en sy blywende invloed op sport, vermaak en wêreldkultuur maak hierdie eer besonder betekenisvol.
Beckham het onlangs mede-eienaar van die Amerikaanse span Inter Miami CF geword, wat die Argentynse superster Lionel Messi gekontrakteer het en verlede jaar die Major League Soccer-bekerkampioenskap gewen het. Hy is verlede jaar deur Brittanje se Koning Charles III tot ridder geslaan, en het die vermaakbedryf betree as medestigter van die inhoudsproduksiemaatskappy Studio 99.








Comments