top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bedrag wat dokters aan versekering moet bestee skok minister

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 11, 2024
1 min read

Die bedrag geld wat sommige dokters aan versekering moet bestee het die departement van gesondheid geskok. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het aan die parlement se portefeuljekommittee oor gesondheid tydens ‘n inligting sessie oor mediese-regseise meegedeel dat verloskundiges en ginekoloë versekering ter waarde van R1,3-miljoen moet koop om ‘n privaat praktyk te open. Die bedrag was in 2015 R1-miljoen. LUISTER HIER: Volgens die Mediese Beskermingsvereniging het die versekeringspremies weens groeiende eise in dié velde toegeneem.

 
 
 

Comments


bottom of page