Bedrieërs doen hul voor as gesondheidsinspekteurs
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 17 minutes ago
- 1 min read
Gesondheidswerkers en gesondheidsfasiliteite word gewaarsku om op hul hoede te wees vir bedrieërs wat hulle voordoen as inspekteurs van die Kantoor vir Gesondheidstandaarde-nakoming.
Volgens Eyewitness News volg die waarskuwing nadat berigte ontvang is van 'n persoon wat valslik beweer het dat 'n inspeksie geskeduleer is en dat betaling beweerde tekortkominge kon oplos.
Woordvoerder Ricardo Mahlakanya beklemtoon dat wettige inspekteurs nooit kontant, belonings of persoonlike betalings sal aanvaar in ruil vir inspeksie-uitkomste nie.
Gesondheidsorgverskaffers word aangemoedig om inspekteurs se identiteit te verifieer deur geldige identifikasie of amptelike dokumentasie te versoek.








Comments