top of page

Bedrog-verdagtes is borgtog toegestaan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 9, 2025
  • 1 min read

Die beampte van die Departement van Arbeid en 15 ander verdagtes wat in die Bloemfonteinse Distrikshof op aanklagte van bedrog verskyn het, is borgtog van tussen R1000 en R10 000 toegestaan. Die verdagtes het na bewering die Werkloosheidsversekeringsfonds uit meer as R1.5 miljoen bedrieg. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die amptenaar van die arbeidsdepartement, Kelopa Mahlatsi, wat in Bloemfontein in hegtenis geneem is, meer as R500 000 deur die sindikaat gewin. NVG-woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die verdagtes sal weer op 25 Augustus in die hof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page