Samewerking versterk die stryd teen geslagsgeweld in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Owerhede in die Vrystaat versterk samewerking om geslagsgeweld en vrouemoord beter te bekamp en slagoffers te beskerm.
In ’n mediaverklaring sê die polisie ’n hoëvlak-vergadering is by die polisie se provinsiale hoofkantoor, in Bloemfontein, gehou - waar verskeie departemente en rolspelers strategieë bespreek het.
Die gesprekke het gefokus op uitdagings soos sake wat teruggetrek word, van die hofrol geskrap word of nie vervolg word nie, asook maniere om die stelsel te verbeter.
Volgens die polisie word daar ook gewerk aan planne om slagoffers beter te ondersteun en te voorkom dat hulle weer slagoffers word.
Die betrokkenheid van departemente soos gesondheid, maatskaplike ontwikkeling en justisie vorm deel van ’n breër poging om bewustheid te verhoog en die publiek beter in te lig oor geslagsgeweld.








Comments