Beeldmateriaal wys glo hoe wit mans op prente van SA leiers urineer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
‘n Video wat op sosiale media die ronde doen, wys glo hoe twee wit mans op prente van bekende Suid-Afrikaanse leiers urineer.
Die prente is op ‘n urinaal in ‘n restaurant in Sasolburg geplak.
Die uitvoerende burgemeester van die Metsimaholo-munisipaliteit, Jack Malindi, veroordeel dié oënskynlik rassistiese voorval in Sasolburg ten sterkste.
Malindi sê dit is ‘n aanval op waardigheid en versoening.
City Press berig voorts hy eis die onmiddellike sluiting van die restaurant en regstappe teen die oortreders.
Malindi beklemtoon dat sulke gedrag geen plek in ‘n demokratiese samelewing het nie.
Hy sê die mense van Metsimaholo en Suid-Afrika verdien beter en dat geregtigheid moet geskied.







Comments