top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Beesslagting op stoep laat gesondheidsdienste in Boshoff ingryp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 27, 2024
  • 1 min read

Gesondheidsinspekteurs het ‘n supermark in Boshoff in die Vrystaat gesluit nadat ‘n groep mense ‘n bees op die winkel se stoep geslag het. Netwerk24 berig ‘n inwoner, Johann Steenkamp, het in ‘n onderhoud verduidelik die bees is elders keelaf gesny en na bewering op die stoep van die Molla Viva-supermark in die hoofstraat geslag. Steenkamp sê hy het, in die lig van die gemeenskap se ontsteltenis, probeer om die saak by die polisie aan te meld, maar hulle het glo geweier om dit te registreer. Hoewel die Vrystaatse polisie nie op navrae oor dié bewerings gereageer het nie, het gesondheidsdienste die winkel tot verdere kennisgewing gesluit

 
 
 

Comments


bottom of page