Beeste in ‘n spogbuurt het Bloemfonteiners boos
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 10, 2025
- 1 min read
Inwoners van ‘n spogbuurt in Bloemfontein is boos oor ‘n nuwe inwoner, wat beeste in sy agterplaas aanhou. Netwerk24 berig die eienaar hou vol hy woon op ‘n kleinhoewe en mag dus hy die beeste aanhou. Hy voeg by hy het ‘n plaas in Bainsvlei buite die stad gekoop en sal, sodra die plaas op sy naam is, die beeste daarheen vervoer. Intussen beweer inwoners die eienaar laat soms die beeste vry in die straat rondloop en dan wei hulle op oop stukke grond. Nog ‘n inwoner voeg by dit is nie net onooglik nie, dit bring die eiendomswaarde van die huise in die omgewing af. Klagtes is glo verlede maand ontvang en onder die munisipaliteit se aandag gebring. Netwerk24 berig verder hulle wag nog ‘n antwoord van die Mangaung Metro Munisipaliteit se woordvoerder, Qondile Khedama.






Comments