‘Beesvleis en suiwelprodukte veilig is om te eet’
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 17
- 1 min read
Die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, verseker Suid-Afrikaners dat beesvleis en suiwelprodukte veilig is om te eet.
Die versekering kom te midde van kommer oor die ernstige bek-en-klouseer-uitbraak regoor die land.
In ’n video op die sosiale mediaplatform X sê Sihlobo dat die siekte nie die vleis- of suiwelgehalte beïnvloed nie.
Hy voeg by Suid-Afrika het ook baie streng veiligheidsprotokolle wat voedsel betref.
LUISTER HIER:
Wandile Sihlobo








Comments