Begroting: Die rand styg, maar ekonome bly versigtig
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 24
- 1 min read
Die rand het sy beste vertoning in drie jaar aangeteken met ’n styging van sowat 15 % oor die afgelope jaar.
Handelaars toon egter steeds groot versigtigheid. Ontleders sê die komende begroting deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en moontlike rentekoersverlagings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan druk plaas.
Politieke onsekerheid binne die ANC kan ook beleggersvertroue beïnvloed.
Die begrotingsrede vind Woensdag plaas.







Comments