Begrotingsrede vir verdere beraadslaging uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 20, 2025
- 1 min read
Die Kabinet het die indiening van die 2025-begrotingsrede deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, tot 12 Maart 2025 uitgestel. SA News berig die Minister was geskeduleer om Woensdag die finansiële, ekonomiese en maatskaplike verpligtinge uiteen te sit. Hierdie verpligtinge sou deur die regering in sy beplande uitgawes as deel van die 2025-begrotingsredes in die Nasionale Vergadering geprioritiseer word. In 'n ongekende stap is dit egter vir verdere beraadslaging uitgestel.







Comments