Bejaarde man in Eskom-saak kry R2 miljoen borgtog
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 17, 2025
- 1 min read
R2 miljoen borgtog is in die Gauteng Hooggeregshof aan die 77-jarige Michael Lomas toegestaan. Hy word van korrupsie as ’n kontrakteur vir Eskom beskuldig. News24 berig dat Lomas van meer as 60 aanklagte beskuldig word wat verband hou met Kusile Kragstasie se R1,4 miljard opgradering. As deel van die borgtogvoorwaardes moet die Lomas in 'n sorghuis woon asook sy Britse paspoort en Suid-Afrikaanse identiteitsdokument aan die ondersoekbeampte oorhandig. Die hof het ook bepaal dat hy 'n slimfoon met liggingmonitering moet gebruik en nie die Gauteng-regstreek mag verlaat sonder toestemming nie. Sy verhoor sal in Julie volgende jaar begin.







Comments