top of page

Bejaarde se vermeende aanranders slaap nog ‘n aand in die tronk

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 17
  • 1 min read

Vier van die ses vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n brose 81-jarige in die Silver Village-versorgingsoord in Welkom wreed aangerand het, sal hul agtste nag in die tronk deurbring. Dit aangesien hul formele borgtogaansoek volgens Vista nou eers Vrydag beslis sal word. Die borgtogverhore het amper ‘n week terug begin maar daar is nog nie tot ‘n besluit gekom nie. Sowat 30 video's wat die geweld en aanranding uitbeeld, is na die polisie se kubermisdaadeenheid vir verifikasie gestuur. Die eerste vier vroue is op 9 Julie in hegtenis geneem en bly sedertdien in aanhouding. ‘n Nuwe klag van marteling is by die aanklagte teen hulle bygevoeg.

 
 
 

Comments


bottom of page