top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bejaarde Wes-Kaapse vrou vir dwelmhandel aangekla

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2024
1 min read

’n Bejaarde vrou sal binnekort in die Bluedowns-landdroshof in die Wes-Kaap op aanklag van dwelmhandel verskyn. Dit nadat die polisie in Kraaifontein die naweek inligting oor moontlike dwelmhandel in die gebied opgevolg het. Die inligting het tot die inhegtenisname van ‘n 72-jarige verdagte gelei toe sy in besit van mandrax-tablette en kokaïen gevind is. Die polisie sê hulle het ook op kontant, vermoedelik die opbrengs van die dwelmhandel, beslag gelê. Volgens Houghton House, verslawing en geestesgesondheid behandeling sentrums, het Mandrax, as gevolg van sy hoogs verslawende potensiaal en kalmerende effekte, 'n vernietigende impak op die gesondheid, sosiale en ekonomiese aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing, en is Suid-Afrika, tans die grootste gebruiker van Mandrax in die wêreld.

 
 
 

Comments


bottom of page