Bejaardes se moordenaars is die ‘verpersoonliking van boosheid’
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 23 hours ago
- 1 min read
Die twee mans wat ‘n swaar vonnis vir die moord en roof van ‘n bejaarde paartjie op ‘n plaas in die Glen-distrik, buite Bloemfontein, opgelê is – is deur die regter as ‘die verpersoonliking van boosheid’ beskryf.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring Mahau Lebeko en Motlalentoa Wolf is elk in die Bloemfonteinse Hooggeregshof tot twee lewenslange én 35 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Die twee is in 2024 jaar vir die moord op Christo en Crista Morrison in hegtenis geneem.
Ten tyde van hul inhegtenisneming was die verdagtes besig om te drink en is twee selfone wat aan die slagoffers behoort het, in hul besit gevind.






Comments