Bek-en-klouseer is nou in al die Karan Beef voerkrale

Jun 18, 2025
1 min read
Karan Beef se Nigel-voerkraal in Gauteng en sy Albert Falls-voerkraal in KwaZulu-Natal het nou ook positief getoets vir bek-en-klouseer. Dit kom slegs weke nadat die maatskappy se massiewe en uiters bioseker Heidelberg-voerkraal in Gauteng positief vir dié siekte getoets het. Landbouweekblad berig verder die nuwe bek-en-klouseer-regulasies wat net voor die naweek afgekondig is, sal ten goede van die bedryf meewerk om dié siekte in Suid-Afrika onder beheer te probeer kry. So sê die bestuurende direkteur van Vleissentraal, Anton Vos. Intussen sal die 900 000 bek-en-klouseer-entstofdosisse wat Suid-Afrika van Botswana aangekoop het, na verwagting Donderdag na Suid-Afrika vervoer word.








Comments