top of page

Bek-en-klouseer is op ‘kritieke punt’ in Vrystaat

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 28
  • 1 min read

Vrystaat Landbou sê hulle is uiters bekommerd oor die toename in die uitbreking van bek-en-klouseer in verskeie streke in die provinsie.


Dit ná die jongste syfers 56 bevestigde gevalle in nege gebiede toon.


Die organisasie bestempel dit as ʼn kritieke punt.


Maroela Media berig die organisasie se adjunkpresident, Friedl von Maltitz, sê die departement se versuim om bewegingsbeperkings en kwarantynsones doeltreffend af te dwing het die siekte teen ʼn kommerwekkende tempo laat versprei.


Hy voeg by boere word toenemend afgesonderd gelaat, sonder voldoende veeartsenykundige ondersteuning of duidelike kommunikasie van die owerhede. 


Luidens die jongste verklaring is daar tans ses afsonderlike uitbrake in vyf verskillende munisipaliteite, waaronder Kroonstad, Viljoenskroon, Deneysville, Cornelia en Frankfort, Heilbron asook Odendaalsrus.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page