top of page

Bek-en-klouseer nou in die Vrystaat

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 15
  • 1 min read

Bek-en-klouseer is nou in die Vrystaat ook.

Dit blyk die uitbreking is reeds op 10 Julie bevestig, maar Landbou.com berig die Departement van Landbou het eers gister ’n amptelike verklaring uitgereik.

Die uitbreking is op ’n plaas in die Kroonstad-omgewing. Een van die eienaars het gister aan Netwerk24 beklemtoon die infeksie is onder die kommersiële trop koeie gevind, en nie onder die stoetkudde soos voorheen berig nie.

Die plaas is sedert verlede week Dinsdag onder kwarantyn. Die departement sê beheermaatreëls is onmiddellik ingestel, insluitend monitering en inenting.

Die bron van die besmetting moet nog nagespeur word en plase in ’n 10 kilometer radius van die geaffekteerde plaas word ook gemonitor.

Vrystaat Landbou sê die aankondiging is 'n geweldige ekonomiese terugslag vir die Vrystaat, wat aan uitvoervoldoening gewerk het.

 
 
 

Comments


bottom of page