top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bekende Afrikaanse akteur, Paul Lückhoff, sterf

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 17, 2024
1 min read

Die bekende Afrikaanse akteur, Paul Lückhoff, is Dinsdag in die ouderdom van 71 oorlede, ná ‘n kort siekbed. Hy is veral bekend vir sy rol as Wimpie du Toit in die televisie-sepie Binnelanders. Lückhoff was’n vooraanstaande Suid-Afrikaanse akteur wat uitgebreide werk in teater, televisie en film gedoen het. Sy afsterwe is Dinsdagoggend deur ‘n boesemvriend, Germandt Geldenhuys, op sosiale media bevestig. Geldenhuys skryf dat Lückhoff ‘n groot leemte, nie net vir die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, laat nie, maar ook in die harte van sy vriende, kollegas en elke Suid-Afrikaanse kyker wat hom oor die jare ondersteun het.

 
 
 

Comments


bottom of page