top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bekende hoofpynspesialis van moord aangekla

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 15, 2024
  • 1 min read

Die internasionaal bekende hoofpynspesialis, dr Elliot Shevel, is van moord aangekla. Shevel het Donderdag in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn, en het na bewering in 2021 die dood van sy pasiënt, Marinella Avvakoumides, by sy kliniek veroorsaak. ’n Lykskouingsverslag het bevind dat die inspuitings wat die 81-jarige dokter gebruik het, noodlottige breinbeserings veroorsaak het. Die aanklaer het aan die hof gesê dat die polisie nog sake teen Shevel ondersoek. Shevel is borgtog, op voorwaarde dat hy sy paspoorte oorhandig, deur die hof toegestaan.

 
 
 

Comments


bottom of page