top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bekwame amptenare is by munisipaliteite nodig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 17
  • 1 min read

Munisipaliteite word aangespoor om bekwame en gekwalifiseerde amptenare aan te stel.


Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het die oproep gemaak as deel van hervormings om plaaslike regering te versterk.


Hy sê munisipaliteite moet 'n duidelike skeiding tussen politieke leierskap en administrasie handhaaf.


Die  minister voeg by munisipaliteite moet ook inkomste-invordering verbeter, terwyl die uitdagings van armoede en werkloosheid in ag geneem word.


Hy doen verder 'n beroep op munisipaliteite om bestaande infrastruktuur te onderhou eerder as om hoofsaaklik op nuwe projekte te fokus.


Velenkosini Hlabisa. FOTO: The Witness
Velenkosini Hlabisa. FOTO: The Witness

 
 
 

Comments


bottom of page