top of page

Belastingbetalers moet miljoene opdok vir die polisiekorrupsie-kommissie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 30, 2025
  • 1 min read

Die kommissie van ondersoek wat na bewerings van polisiekorrupsie moet kyk, gaan belastingbetalers meer as R147 miljoen oor ‘n periode van ses maande uit die sak jaag.

Dit is aan Netwerk24 deur die woordvoerder van die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling, Terrence Manase, bevestig.

President Cyril Ramaphosa het die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga, gestig nadat die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, skokkende bewerings van polisiekorrupsie gemaak het, veral in verband met polisieminister Senzo Mchunu. Mchunu is sedertdien deur Ramaphosa op spesiale verlof geplaas.

Intussen gaan die konstitusionele hof Woensdag ‘n dringende aansoek van die MK-party aanhoor. Die party versoek dat die hof die kommissie moet ontbind, en ook Firoz Cachalia se aanstelling as waarnemende polisieminister tersyde stel. Cachalia sal vanaf 1 Augustus as waarnemende minister van polisie dien.

 
 
 

Comments


bottom of page