Belastingbetalers staan pa vir salarisse tydens Mchunu-ondersoek
- Armando Pieters
- Jul 15
- 1 min read
Suid-Afrikaanse belastingbetalers gaan aan die kortste finansiële end trek nadat die minister van polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas is. Dit aangesien hy steeds vir dié periode sy volle salaris van net meer as R224 000 per maand gaan kry.
Volgens IOL kom hierdie besluit nadat 'n ondersoekkommissie deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is om die ernstige korrupsie-aantygings wat die Kwa-Zulu Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak het, te ondersoek. Dit kan tussen drie en ses maande neem om te voltooi.
Tydens die ondersoekperiode sal Firoz Cachalia van die Universiteit van die Witwatersrand as interim minister van polisie waarneem.
Sy vergoedingspakket is nog nie amptelik bevestig nie, maar daar word verwag dat dit op ministersvlak sal wees, ook ongeveer R224 000.
Comments