Belastingbetalers voel 'n dubbele las
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 8
- 1 min read
Die Parlement se Staande Komitee oor Begrotings sê Suid-Afrikaners betaal effektief twee keer vir vervoerdienste as gevolg van onbetroubare openbare spoorwegstelsels.
Dit sê burgers befonds treine deur belasting, maar word gedwing om weer te betaal vir alternatiewe vervoer wanneer dienste faal. Dit kom nadat die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) die komitee ingelig het oor die besteding van toegekende fondse en vordering met die rehabilitasie van seindienste.
Prasa beklemtoon dat sy spoorvernuwingsprogram ‘n belangrike strategiese inisiatief bly wat daarop gemik is om openbare vervoerdienste te transformeer. Die komitee het egter kommer uitgespreek oor die swak werkskepping en ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrika.








Comments