Belastingbetalers word aangespoor om probleme reg te stel
- Armando Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Belastingkundiges het belastingbetalers gewaarsku dat dit steeds hul verantwoordelikheid is om hul belasting reg te stel, selfs al is hulle vir outomatiese assessering gekies. Outomatiese assessering het vanaf 7 Julie begin en geëindig voor die normale indienseisoen wat op 21 Julie geopen het. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is meer as vyf-komma-agt miljoen mense gedurende daardie tydperk outomaties geassesseer. Kenners sê die mees algemene probleme met die outomatiese assesserings was verwant aan onvolledige inligting oor mediesefondsaftrekkings. Belastingbetalers het tot die indieningsdatum van 20 Oktober om hul gekorrigeerde opgawes te voltooi.





Comments