Belastingbetalers word gewaarsku
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het trustees en voorlopige belastingbetalers gewaarsku om uitstaande belastingopgawes teen 19 Januarie in te dien, of boetes en strawwe in die gesig te staar.
Die sperdatum geld vir trustopgawes en voorlopige belastingbetalers se 2025-indienings.
Nuwe administratiewe boetes vir nie-nakomende trusts is ook deur die inkomstediens voorgestel, wat terugwerkend vanaf die 2023-belastingjaar toegepas kan word.
Volgens die inkomstediens het trustees ’n wetlike plig om volle belastingnakoming te verseker.







Comments