top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Belastingseisoen begin 13 Julie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 8
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het aangekondig dat vanjaar se belastingseisoen op 13 Julie begin.


Belastingbetalers wat vir outomatiese aanslae kwalifiseer, sal hul aanslae tussen 1 en 12 Julie ontvang.


Nie-voorlopige belastingbetalers sal tot 23 Oktober hê om hul belastingopgawes in te dien, terwyl voorlopige belastingbetalers en trusts tot 22 Januarie volgende jaar tyd sal hê.


Die Inkomstediens sê nie-voorlopige belastingbetalers is gewoonlik werknemers wie se belasting reeds deur die Betaal Soos Jy Verdien-stelsel, of PAYE, afgetrek word.


Voorlopige belastingbetalers sluit onder meer mense in wat inkomste uit besighede, beleggings, huur-eiendomme of vryskutwerk verdien.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page