top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Belastingverhogings sal benodig word om die NGV te finansier

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 22, 2024
1 min read

Mediese fondse het weereens gewaarsku dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) buitensporige belastingverhogings sal benodig om te finansier. Discovery se uitvoerende hoof, Adrian Gore, sê die implementering van die NGV-wet, in sy huidige vorm, sal die land se ekonomie benadeel. Volgens Gore sal die regering persoonlike inkomstebelasting met 31 persent moet verhoog of belasting op toegevoegde waarde met ses-komma-vyf persent om die sowat 200 miljard rand wat jaarliks benodig word, te finansier. Hy het beklemtoon dat die NGV-wet gebrekkig is en dekades sal neem om die universele gesondheidsorgstelsel te implementeer.

 
 
 

Comments


bottom of page