top of page

Beleidsverandering knip ligte vliegtuie se vlerke

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 12
  • 1 min read

'n Skielike beleidsverandering deur Suid-Afrika se Burgerlugvaartowerheid het in wese meer as 1 400 ligte vliegtuie, insluitend klein vliegtuie en helikopters, gegrond. Volgens BusinessTech hou die probleem verband met die burgerlugvaartowerheid se besluit om 'n streng 12-jaar-enjin-opknappingsreël af te dwing. Die kwessie het twee jaar gelede opslae gemaak toe die owerheid enige vliegtuig met 'n enjin ouer as 12 jaar wou dwing om opgeknap te word voordat dit weer in diens geplaas kon word. Alhoewel die kwessie sedertdien bedaar het, het die ‘n nuwe ontwikkeling egter ‘n groot groep vastevlerkvliegtuige en helikopters oornag gegrond. Aangesien min vliegtuigeienaars dit kan bekostig om hul vliegtuigenjins voortydig op te knap sal baie operateurs moontlik personeel moet ontslaan en hul deure moet sluit.

 
 
 

Comments


bottom of page