Bellarmine Mugabe en sy medebeskuldigde pleit skuldig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 hours ago
- 1 min read
Die Oud Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine Mugabe, en sy medebeskuldigde het skuldig gepleit in verband met ’n skietvoorval by ’n woning in Hyde Park vroeër vanjaar.
Mugabe het erken dat hy ’n vuurwapen gerig het en immigrasiewette oortree het, terwyl sy mede-beskuldigde, Tobias Matonhodze, skuldig gepleit het aan poging tot moord, regsverydeling, onwettige immigrasie en die besit van ammunisie.
Die saak dien in die Alexandra Streekshof noord van Johannesburg.
Die aanklagte spruit uit ’n skietvoorval in Februarie waarby ’n werknemer betrokke was.
Die saak is uitgestel en sal op 24 April hervat.








Comments