top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bendelid kry 71 jaar tronkstraf in Qwaqwa

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 24, 2025
  • 1 min read

Die Hooggeregshof in die Vrystaat, wat in Harrismith gesit het, het Bongani Mahlangu tot 71 jaar tronkstraf gevonnis. Luidens ’n polisieverklaring het hy op elf aanklagte, insluitend moord, skuldig gepleit. Volgens die Valke volg dit op ’n aanval op Sabata Rapuleng op 28 Oktober 2023 in Qwaqwa. Mahlangu en sy mede-bendelede het hom vermoor, ’n vrou aangerand, by huise ingebreek, inwoners gedreig en ’n hond doodgemaak. Tien verdagtes is kort daarna vasgetrek. Die saak teen die oorblywende nege beskuldigdes sal op 29 April voortgaan. Die polisie en aanklaer het die gemeenskap bedank vir hul samewerking in die stryd teen bendegeweld.

 
 
 

Comments


bottom of page