top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BERGFIETSRY: Sani2C-kampioene gekroon

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 12, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse bergfietsryspan van Imbuko Chemchamp - Marco Joubert en Tristan Nortjè - het die afgelope naweek die Sani2C-kampioenskaptitel gewen. Diè duo, wat derde in die Cape Epic geëindig het, het Saterdag slegs die tweede plek behaal in die derde skof van 86km tussen die plaas Jolivet na die Scottburgh-gholfklub in Kwazulu-Natal - maar dit was genoeg om as die uiteindelike wenners gekroon te word. Joubert en Nortjè se algehele wentyd was 9:44:18 In die vroue-afdeling het Sarah Hill en Samantha Sanders met die louere weggerry nadat hulle reeds teen Vrydag die voorloper truie gedra het. Die Sani2C wedren van 270km het Donderdag in Glencairn naby Underberg begin.

 
 
 

Comments


bottom of page