Berigte oor 'n langer skoolvakansie is vals
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 2
- 1 min read
Die deparement van basiese onderwys (DBO) sê daar gaan nie ekstra vakansiedae in die September-vakansie wees nie. Dit kom nadat vals berigte die ronde doen dat die 2025-skoolkalender aangepas is.
Volgens Business Tech word dié vals berigte deur fopnuuswebtuistes en dan op sosiale media versprei.
Die sogenaamde “verslag” lui dat die DBO die skoolkalender hersien vir ‘n “beter balans tussen onderrigdae en vakansiedae”, wat daartoe sou lei dat leerders ‘n langer September-vakansie sou kry.
Daar is egter geen verwysings na amptelike verklarings of die staatskoerant nie, waar sulke veranderinge geplaas sou wees.
Die derde kwartaal einde op 3 Oktober, en die vierde kwartaal begin op 13 Oktober.





Comments