Berigte oor ‘n strafpuntstelsel vir motoriste is vals
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 6, 2025
- 1 min read
Berigte wat lui dat strafpunte vir motoriste op 1 Oktober in werking gestel sal word, is vals. Woordvoerder van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA), Monde Mkalipi, sê hulle het met kommer kennis geneem van dié fopnuus aangaande die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto). Hy voeg by baie werk moet nog gedoen word voor die strafpuntstelsel in werking sal kan tree. Netwerk24 berig die RTIA bevestig Aarto is tans slegs in die munisipaliteite van Johannesburg en Tshwane in werking. Bewerings wat in hierdie stadium op 'n wyer nasionale bekendstelling dui, is verkeerd.







Comments