BKS: Boere mag nou self inent
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 9 minutes ago
- 1 min read
Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat boere voortaan self entstof teen bek-en-klouseer (BKS) mag aankoop en hul vee mag inent.
Volgens Maroela Media beskryf landbou-organisasies die uitspraak as ’n groot oorwinning vir die veebedryf.
Die hof het beslis dat boere wettig ingevoerde of vervaardigde entstof van gemagtigde verskaffers mag bekom en gebruik, mits staatsveeartsenydienste vooraf ingelig word en alle regulasies nagekom word.
Bedryfsorganisasies sê die uitspraak kan help om die tempo van inentings te versnel te midde van kommer oor die verspreiding van die siekte.
FMD Response SA waarsku dat baie kommersiële beesboere in KwaZulu-Natal glo steeds nie toegang tot staatsentstof het nie.
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die regering steun steeds ’n gesamentlike staat-private benadering om die uitbreking te bekamp.








Comments